Kuier en koop vnajaar op ons plaas in plaas van die gewone jaarlike Produksieveiling!          Kuier en koop vnajaar op ons plaas in plaas van die gewone jaarlike Produksieveiling!          Kuier en koop vnajaar op ons plaas in plaas van die gewone jaarlike Produksieveiling!          Kuier en koop vnajaar op ons plaas in plaas van die gewone jaarlike Produksieveiling!          Kuier en koop vnajaar op ons plaas in plaas van die gewone jaarlike Produksieveiling!          Kuier en koop vnajaar op ons plaas in plaas van die gewone jaarlike Produksieveiling!          Kuier en koop vnajaar op ons plaas in plaas van die gewone jaarlike Produksieveiling!
 

TUISBLAD


Jaarlike produksieveiling afgestel - Kuier en koop op ons plaas vanjaar!

Die Fourie Vennootskap het besluit om vanjaar nie die tradisionele produksieveiling op die plaas aan te bied nie.  Ons voel dat daar onnodig baie druk op ons diere geplaas word om die veiling op ‘n spesifieke dag aan te bied. Ons het ook ‘n behoefte om op ‘n meer persoonlike vlak met ons kliente kennis te maak en dit is soms moeilik op die dag van die veiling.  Dus wil ons U ons gewaardeerde kliente vriendelik uitnooi na ons plaas.  Kom kuier en gesels met ons oor die diere en oor ons boerdery.  Ons deel graag en leer graag.

 

Ons bied hiermee dan ook ons kliënte die geleentheid om te kom uitsoek wat U graag wil he.  Kom gerus.  U sal kry waarna U soek.

 

Daar sal ook binnekort fotos beskikbaar wees van die spesifieke diere wat aangebied word.

 

Ons bied met trots vanjaar ‘n uitstaande groep vroulike diere aan.  Dit is diere waarmee ons enige dag self sal boer.  Aangepas by ons ekstensiewe omstandighede met vleis en melk eienskappe.  Daar is vanaf vandag (20 Maart 2012)  ‘n groep van 100 uitstaande koeie met kalwers beskikbaar asook  ‘n groep van 300 Dragtige verse

 

Skakel ons gerus vir ‘n afspraak.  Ons sien daarna uit om van U te hoor!

 

Thys sel: 082 852 0597

Jans sel: 082 880 9635

e-pos:  info@fourievennootskap.co.za


Die Beesboerdery,  Fourie Vennootskap is geleë op die Ghaapse plato in die Noord-Kaap tussen Kuruman en Daniëlskuil.

 

Mnr Thys Fourie, 3de geslag  vennoot op die plaas vertel dat sy oupa en vader dit al deeglik ervaar het, naamlik dat geharde en aangepaste diere die sleutel tot welslae hou met kommersiële vleisbeesboerdery onder ekstensiewe toestande.

 

Hierdie is ‘n harde wêreld met ‘n strawwe klimaat en dikwels erge kosskaarstes na die winter...

 

Sedert 1911 toe die boerdery sy ontstaan gehad het, het daar al baie water in die see geloop….  Eerstens het gehardheid en aanpasbaarheid as díe eienskappe met voorkeur status vir welslae met ekstensiewe beesboerdery in ‘n wye omgewing kleimpenne ingeslaan.  Tweedens het ‘n behoefte ontstaan aan geharde, aangepaste vroulike diere as moederlyn in kommersiële speenkalfstelsels vir ‘n groeiende voerkraalmark.

 

So het Fourie Vennootskap mettertyd as’t ware die “sif” geword wat met waardevolle bekostigbare genetika die gaping kon benut tussen rasegte stoet- en geharde maar aangepaste kommersiële teelmateriaal.

 

Mnr Jans Fourie, 4de  geslag vennoot in die onderneming, sê die boerdery beslaan tans sowat 20 000 ha in een blok waarop hulle met ‘n teeltrop van sowat 1200 koeie boer.  Alle aanteel word op die veld grootgemaak en ‘n parallelle bemarkingstelsel word gevolg, naamlik ‘n osstelsel vir eie afronding en direkte slagting en dragtige kruisrasverse as ‘n geharde moederlyn vir die speenkalfmark. . . Lees meer

 

 


 Ons teel geharde, vrugbare, aanpasbare koeie vir die speenkalfboer


 

Our website can also be read in English - Kindly click on the flag above to take you to the English version

of our website


Welkom by die webtuiste van die Fourie Vennootskap!      Welkom by die webtuiste van die Fourie Vennootskap!      Welkom by die webtuiste van die Fourie Vennootskap!      Welkom by die webtuiste van die Fourie Vennootskap!      Welkom by die webtuiste van die Fourie Vennootskap!       Welkom by die webtuiste van die Fourie Vennootskap!      Welkom by die webtuiste van die Fourie Vennootskap!
 
Copyright: FOURIE VENNOOTSKAP 2009

Designed and maintained by DesignDynamics
www.designdynamics.co.za
This website is best viewed in a resolution of 1024 X 768